| “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” (Hand. 16:30) | |||||
| Hoor: | Rom. 10:17 | Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. | |||
| Geloof: | Heb. 11:6 | En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. | |||
| Bekeer: | Luk. 13:5 | "Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom". | |||
| Hand. 17:30 | "God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer" | ||||
| Bely: | Matt. 10:32 | "Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is" | |||
| Hand. 8:36 | "En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?" | ||||
| Gedoop is: | Hand. 2:38 | "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." | |||
| Hand. 22:16 | "En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep" | ||||