DIE TIEN GEBODE
Wat sê die Niewe Testamen?
  OU TESTAMENT Exodus 20 NUWE TESTAMENT MOVIEWE IN DIE NT
1 "Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie." Vs 3. "Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is— 6tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom" (1 Kor. 8:5-6) "…….Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien." (Matt. 4:10)
2 "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak." Vs. 4 "My kinders, bewaar julleself van die afgode." (1 Johannes 5:21) "Niemand kan twee here dien nie..." (Matt. 6:24)
3 "Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie..." Vs. 7 "...Sweer hoegenaamd nie..." (Matt. 5:34) "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word." (Matt. 6:9) "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag." (Matt. 12:36)
4 "Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig." Vs. 8
5 "Eer jou vader en jou moeder..." Vs. 12 "Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte—" (Efes. 6:1-2)
"dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.13So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie." (Markus 7:12-13)
6 "Jy mag nie doodslaan nie." Vs. 13 "Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." (Gal. 5:14) "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur." (Matt. 5:22)
7 "Jy mag nie egbreek nie." Vs. 14 "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie" (1 Kor. 6:9-10) "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het." (Matt. 5:28).
8 "Jy mag nie steel nie." Vs. 15 "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie" (1 Kor. 6:10) "Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, 22diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid." (Markus 7:21-22)
9 "Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie." Vs. 16 "...hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is..." (1 Tim. 1:10). "Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.. (Matt. 15:19).
10 "Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie..." Vs. 17 "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is." (Kol. 3:5) "En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie." (Lukas 12:15).
Compiled by  Brian Allen and others The Cape Rd Church of Christ