DIE DOOP IN DIE NEWE TESTAMENT
Wat sê die Byble?
Jou sondes afwas  Hand 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.    
Sal gered word 1 Petrus 3:21 "waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus" Markus 16:16 “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word"  
Tot vergewing van sondes Hand 2:38 "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang"    
Jule is met Christus beklee Galasiërs 3:26-27 "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee"    
 Die wat gered is, is by die gemeente gevoeg Acts 2:37-47 "Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep” "40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. 41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring. 42 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. 43 En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind" "44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. 45 En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
   46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, 47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is".
Jy is begrawe deur die doop in die dood, om ook in 'n  nuwe lewe tê kan wandel Rom 6:3-5 "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding"    
Jule is gehoorsaam aan die evangelie van onse Here Jesus   Hand 10:48 "En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly"
Rom 16:16-18 "Groet mekaar met ‘n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle. 17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. 18 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges" 2 Tess 1:7-9 "en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele 8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. 9 Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte"
Vriende, ons herken dat die mederehid van die godsdienslike mense niks herken wat hierin geskryf is nie. Baie hou hulle oore toe wat dit betref en wat die Newe Testament daaroor skryf. Dit is ons se liefheid vir elkeen wat ons bemoeder om met die dinge meer te deel.   
Gesaamel duur Brian Allen en anders Die gemeente van Christus Kaapweg, Kabega Park, Port Elizabeth